WhatsApp-web

Ek het aan die begin van hierdie jaar ʼn paar lukrake gedagtes met ʼn “status” op Facebook gedeel waaronder WhatsApp-web een van die dinge is wat gelys was. Ek vertel nou die dag weer vir iemand daarvan en ek was nogal verbaas dat sy nog nie daarvan geweet het nie. Nietemin, is hier nou ʼn herinnering om jou lewe aansienlik te vergemaklik.

Eerstens: wat is WhatsApp-web? Mens sal dink die app is dan mos nou reeds 24/7 met die Internet gekonnekteer so hoe verskil die webweergawe dan nou? Wel, die webweergawe van WhatsApp het onstaan juis omdat dit geriefliker is om net vinnig na een van die ander oortjies op die Internet te gaan i.p.v. jou foon op te tel en dan eers terug te antwoord. (Ek dink julle het ook besef dat hierdie blog-inskrywing in Afrikaans is – dit is ook geriefliker om te gebruik vir my as moedertaalspreker.)

Nou WhatsApp-web werk so: klik op die drie kolletjies bo in die regterkantste hoek nadat jy WhatsApp oopgemaak het op jou foon; kies WhatsApp Web. Die instruksies wys dan hoe dit werk: gaan na web.whatsapp.com op jou rekenaar en skandeer dan die QR-kode op die skerm. Daarna is dit asof jou foonskerm op jou rekenaarskerm geprojekteer word. Boodskappe vat gewoonlik ongelooflik lank om te tik met die QWERTY-sleutelbord op jou foon (soms tot groot frustrasie), maar as jy soos ʼn baas tik op jou rekenaar gaan jy sommer vinnig ʼn (lekker lang) boodskap kan terugstuur. Dis nie al nie, YouTube-videoskakels, prentjies en musiek kan ook maklik so gedeel word.

Die enigste nadeel is dat jy Internettoegang moet hê op jou rekenaar (en ons almal weet hoe selfoonnetwerkmaatskappye ons kan uitbuit), maar indien dit nie ʼn kwessie is nie, is jou lewe aansienlik vergemaklik met hierdie nuwe kennis. Probeer dit, en stuur sommer vir my ʼn WhatsApp as ʼn toetslopie (maak net seker dit is nie per ongeluk vir die verkeerde WhatsApp-groepie nie.)

Tot ʼn volgende keer!

DJ

 

 

Advertisements

4 thoughts on “WhatsApp-web

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s