Winter is here

Ek is seker meeste van julle het opgelet hoe baie keer hiérdie frase gebruik was in die premiere van Game of Thrones se sewende seisoen. Die lang wag is uiteindelik verby, en nou is dit darem net een week wat ons as die kykers moet wag vir elke nuwe episode. Ek dink Suid-Afrikaners kan hulself beter vereenselwig met “winter is here” as die noordelike halfrond se kykers. Ons was selfs verras met ‘n bietjie sneeu in die Kaap en die Instagram-foto’s wat vriende oplaai, maak my groen. Potchefstroom is koud, maar nog nie sneeukoud nie. Na die oggend se warm stort voel dit nie so koud buite nie, en hier teen tienuur se kant wens jy, jy het maar iets koeler saamgebring en draai die verwarmer na ‘n koeler temperatuur.

My gunsteling tyd van die jaar is winter en natuurlik sal meeste mense vra, “Maar hoe? Dit is so lekker om in die son te lê en nie soveel klere te moet aantrek elke oggend nie.” Dit is juis hierdie tyd van die jaar wat ek nie voel ek moet elke vyf minute ‘n stort gaan vang net om bietjie af te koel nie (sommiges van ons is nie bevoorreg genoeg om ‘n lugversorger te kan aanskakel vir die hitte nie). Die bome lyk dalk vaal en die gras is nie meer so groen nie, maar dan maak die lekker snoesige en kleurvolle uitrustings wat mens so gereeld sien, alles beter. ‘n Warm koppie koffie en beskuitjie het nog nooit so lekker gesmaak nie, en die bed is jou beste maat. Dis net jammer die vakansie is so kort en sommiges het nie eers vakansie nie.

Gepraat van in die bed lê, dit is ook nou weer tyd dat al my gunsteling reekse wys. Snaaks hoe alles so saam-saam uitkom. Indien jy aanbevelings soek, kyk gerus Game of Thrones, Suits en natuurlik is daar ook die fantastiese Afrikaanse reeks, Die Boekklub. Natuurlik is ‘n goeie boek ook nie te versmaai saam met daai koppie koffie nie. Vir die wat nie graag lees of reekse kyk nie, kan jy altyd leer om te brei, jou droom vakansie beplan of sommer net ‘n middagslapie vang. Die moontlikhede is eindeloos, google gerus ‘n paar dinge wat jy kan doen as jy verveeld is. Geniet die winter en onthou dit gaan oor jou ingesteldheid!

Laat weet my wat is jou gunsteling seisoen en hoekom?

Warm wees!

DJ

 

Advertisements

2 thoughts on “Winter is here

  1. Sanelle says:

    Ek stem saam met jou. Winter. Om warm klere, serpe en stewels aan te trek is veel meer interessant as om te probeer uitwerk met hoe min klere jy moontlik by die werk mee kan wegkom.
    En ek deel in jou reeks keuses. Ongelukkig nog nie Boekklub gekyk nie, maar het lokprente al gesien en dit lyk baie goed.

    Like

  2. Ongelukkig is ek een van daai frustrerende somer mense! P. S. Lees ‘n bietjie The Way of Kings van Brandon Sanderson. Epic fantasy wat jy moontlik sal geniet. Beter as ou Martin.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s