Formal: make it, break it or fake it

Ek wonder baie keer of die dames weet dat die kêrels net soveel moeite insit vir die dinee as hulle (oukei, nou nie heeltemal nie, maar tog meer as wat hulle dink). Ek wil wegval om te begin met die kleredrag – dit is die grootste ding. Baie keer stem die ou in om iets aan te trek wat die dame se rok (of ander uitrusting) sal komplimenteer. Sommiges trek wel aan net wat hulle wil. Nietemin, moet keuses uitgeoefen word en dit neem baie maal ʼn noukeurige besluit. Die keuses lê gewoonlik tussen ʼn pak wat volledig een kleur is, of om die tendens te volg en ʼn chino aan te trek met ʼn bypassende baadjie. Daarna is dit die kleur van die hemp – moet dit inpas by die res van die uitrusting. En die das – lank, dun, groot, kleur? Ook skoene en ʼn gordel.

Ek probeer om nie te veel daaroor na te dink nie. As student is die keuse elk geval bietjie beperk, maar die kuns is om die kleure in jou kas so te kombineer dat dit lyk of jy amper nooit dieselfde klere dra nie. Instagram, Pintrest en net ʼn eenvoudige Google Images soektog behoort jou vinnig touwys te maak oor kombinasies wat werk, watter das gepas is vir jou liggaamsbou en watter skoene en gordel die beste by jou uitrusting gaan pas. Jy wil immers die dame beïndruk, so begin deur goed te lyk. (Dit is dalk voor die handliggend, maar in die vier jaar wat ek al dinees bygewoon het, was daar al ʼn paar verkeerde besluite geneem – soos bv. tekkies of ʼn T-hemp.)

Dan is dit ook (eintlik) die ou se plig om ʼn blom of twee te koop vir sy metgesel. Baie dames waardeer hierdie gebaar en is ook in hulle skik wanneer hulle blomme kry. Dit hoef nie noodwendig ʼn groot bos rose te wees nie (behalwe as dit nou jou meisie is, wat so iets verwag), maar net iets wat haar spesiaal sal laat voel. As jy haar regtig wil beïndruk kan jy haar of haar vriendinne vra wat haar gunsteling blom is en seker maak jy kry dit in die hande.

Laastens, moet jy weet hoe om haar belangrik te laat voel, asof sy die ster is van die aand – die fotosessie vooraf is die plek om dit vir haar te wys. Geniet die foto’s saam die ander ouens, maar maak seker jou metgesel weet sy is die een wat die kollig moet geniet. Dit is dieselfde op die dansvloer (doen maar moeite met die passies vooraf as jy weet jy het twee linkervoete). Kry ook genoeg om oor te gesels, julle wil nie die hele aand ongemaklik vir mekaar glimlag omdat julle nie oor enigiets kan praat nie – as jy moet YouTube ʼn paar interessante onderwerpe (gee haar ook darem ʼn kans om ʼn woord in te kry deur gepaste vrae te vra).

Opsommend, probeer maar net om die beste gentleman te wees wat jy kan!

Tot en met die dinee.

DJ

 

 

 

WhatsApp-web

Ek het aan die begin van hierdie jaar ʼn paar lukrake gedagtes met ʼn “status” op Facebook gedeel waaronder WhatsApp-web een van die dinge is wat gelys was. Ek vertel nou die dag weer vir iemand daarvan en ek was nogal verbaas dat sy nog nie daarvan geweet het nie. Nietemin, is hier nou ʼn herinnering om jou lewe aansienlik te vergemaklik.

Eerstens: wat is WhatsApp-web? Mens sal dink die app is dan mos nou reeds 24/7 met die Internet gekonnekteer so hoe verskil die webweergawe dan nou? Wel, die webweergawe van WhatsApp het onstaan juis omdat dit geriefliker is om net vinnig na een van die ander oortjies op die Internet te gaan i.p.v. jou foon op te tel en dan eers terug te antwoord. (Ek dink julle het ook besef dat hierdie blog-inskrywing in Afrikaans is – dit is ook geriefliker om te gebruik vir my as moedertaalspreker.)

Nou WhatsApp-web werk so: klik op die drie kolletjies bo in die regterkantste hoek nadat jy WhatsApp oopgemaak het op jou foon; kies WhatsApp Web. Die instruksies wys dan hoe dit werk: gaan na web.whatsapp.com op jou rekenaar en skandeer dan die QR-kode op die skerm. Daarna is dit asof jou foonskerm op jou rekenaarskerm geprojekteer word. Boodskappe vat gewoonlik ongelooflik lank om te tik met die QWERTY-sleutelbord op jou foon (soms tot groot frustrasie), maar as jy soos ʼn baas tik op jou rekenaar gaan jy sommer vinnig ʼn (lekker lang) boodskap kan terugstuur. Dis nie al nie, YouTube-videoskakels, prentjies en musiek kan ook maklik so gedeel word.

Die enigste nadeel is dat jy Internettoegang moet hê op jou rekenaar (en ons almal weet hoe selfoonnetwerkmaatskappye ons kan uitbuit), maar indien dit nie ʼn kwessie is nie, is jou lewe aansienlik vergemaklik met hierdie nuwe kennis. Probeer dit, en stuur sommer vir my ʼn WhatsApp as ʼn toetslopie (maak net seker dit is nie per ongeluk vir die verkeerde WhatsApp-groepie nie.)

Tot ʼn volgende keer!

DJ

 

 

Reading

https://www.google.co.za/search?q=quotes+about+reading+and+books&rlz=1C1KMZB_enZA542ZA542&espv=2&biw=1600&bih=731&source=lnms&tbm=isch&sa=X&ved=0CAYQ_AUoAWoVChMIz-GSlJvexwIVBjsaCh1C-AWX#imgrc=jfMvhwkxBHuuPM%3A

To start, I would like to call on all the readers out there. I am an Afrikaans speaking person and write in Afrikaans, pray in Afrikaans and dream in Afrikaans. I am making this blog post in English though.

One would think that people wouldn’t want to speak English in South Africa, especially as an Afrikaans native because the English oppressed the South Africans for quite a while, but that is certainly not the case. If one looks at the different countries that were previously colonised by European countries one would think that the natives will despise them to such an extent that they wouldn’t want to speak the language that they were forced to speak. The same as the Englishmen did with the South Africans. Nonetheless, English is the ‘lingua franca’ of South Africa. Read more about the history of English.

I sometimes feel that Afrikaans and all the other African languages has to compete with English in the South African context.  One should take into consideration that we live in the Age of Technology and the Age of Social Media. It is inevitable for human beings to find a language that everyone will understand, especially living in a global city. Therefore, I am a proud Afrikaans speaker, but also thankful that I know the global language so that I will be able to communicate and understand the world around me. Not only to have another perspective regarding my initial views and ideologies of life but also to be able to enjoy the literature and communicate with others in South Africa and around the globe.

I had English as a major in my first and second year at university and the books they exposed us to could be compared to one word in a whole dictionary. There are so many good books out there, in both Afrikaans and English, and I think I will die someday still wishing I have read a thousand more books. I try to read as much as I can, no matter what type of reading I am doing as long as I am reading. It opens doors to many places one wouldn’t have been able to imagine. And most of all it also helps you to relax.

I recently attended the launch of romantic novels. I am really not a big fan of this type of literature, but Creative Writing is one of the modules I’m taking as part of my studies and it is good to be familiar with all the genres available out there. The authors mentioned that they are not writing a literary intriguing novel but the average Joe, or Suzy in this case, would enjoy the book because it is only mindless reading and they would easily get carried away. Not every book you read has to be difficult or something with great literary value, as long as you read and support the art of published books. Not only to escape and fantasize but also to take a break and relax!

Until next time.

DJ Cloete