WhatsApp-web

Ek het aan die begin van hierdie jaar ล‰ paar lukrake gedagtes met ล‰ย โ€œstatusโ€ op Facebook gedeel waaronder WhatsApp-web een van die dinge is wat gelys was. Ek vertel nou die dag weer vir iemand daarvan en ek was nogal verbaas dat sy nog nie daarvan geweet het nie. Nietemin, is hier nou ล‰ herinnering om jou lewe aansienlik te vergemaklik.

Eerstens:ย wat is WhatsApp-web? Mens sal dink die app is dan mos nou reeds 24/7 met die Internet gekonnekteer so hoe verskil die webweergawe dan nou? Wel, die webweergawe van WhatsApp het onstaan juis omdat dit geriefliker is om net vinnig na een van die ander oortjies op die Internet te gaan i.p.v. jou foon op te tel en dan eers terug te antwoord. (Ek dink julle het ook besef dat hierdie blog-inskrywing in Afrikaans is โ€“ dit is ook geriefliker om te gebruik vir my as moedertaalspreker.)

Nou WhatsApp-web werk so: klik op die drie kolletjies bo in die regterkantste hoek nadat jy WhatsApp oopgemaak het op jou foon; kies WhatsApp Web. Die instruksies wys dan hoe dit werk: gaan naย web.whatsapp.comย op jou rekenaar en skandeer dan die QR-kode op die skerm. Daarna is dit asof jou foonskerm op jou rekenaarskerm geprojekteer word. Boodskappe vat gewoonlik ongelooflik lank om te tik met die QWERTY-sleutelbord op jou foon (soms tot groot frustrasie), maar as jy soos ล‰ baas tik op jou rekenaar gaan jy sommer vinnig ล‰ (lekker lang) boodskap kan terugstuur. Dis nie al nie, YouTube-videoskakels, prentjies en musiek kan ook maklik so gedeel word.

Die enigste nadeel is dat jy Internettoegang moet hรช op jou rekenaar (en ons almal weet hoe selfoonnetwerkmaatskappye ons kan uitbuit), maar indien dit nie ล‰ kwessie is nie, is jou lewe aansienlik vergemaklik met hierdie nuwe kennis. Probeer dit, en stuur sommer vir my ล‰ WhatsApp as ล‰ toetslopie (maak net seker dit is nie per ongeluk vir dieย verkeerde WhatsApp-groepie nie.)

Tot ล‰ volgende keer!

DJ

 

 

Advertisements